Modulekode | SLK 320 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Die module ondersoek ‘n gemeenskapsielkundige perspektief op menslike ontwikkeling en sielkundige intervensie en verken die bydrae van verskeie perspektiewe in sielkunde op ‘n kritiese wyse. Die module fokus op temas soos definisies van kernkonsepte, -beginsels en -doelwitte van gemeenskapsielkunde, die rol van die gemeenskapsielkundige asook die impak van vroeë denkraamwerke op kontemporêre perspektiewe. Die implikasies van hierdie idees vir praktiese inisiatiewe wat op geestesgesondheid in gemeenskappe fokus, word bespreek. Die module fokus verder op kritiese sielkunde. Kritiese sielkunde is 'n orientasie teenoor sielkunde wat krities staan teenoor die aannames en praktyke van die hoofstroom. Dit poog om magsvraagstukke aan te spreek soos hul manifesteer in hoofstroomsielkunde. Die fokus is op ondersoeke na hoe die praktyke en teorieë van hoofstroomsielkunde bydra tot hierdie magsvraagstukke wat gemarginaliseerde groepe betrek. |
Modulekrediete | 30.00 |
Programme | |
Diensmodules | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Voorvereistes | SLK 310(GS) |
Kontaktyd | 2 besprekingsklasse per week, 2 lesings per week |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Akademiese organisasie | Sielkunde |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App